Maak jou troeteldier deel van jou vakansie met gemoedsrus

Outeniquastrand
Jeanne Burns
Verskeie verblyf opsies op Een Eiendom
0824296204


De Bakke
Liezel De Beer
Enkel Eiendom
0765874837

Linkside
Leanda Van den Berg
Enkel Eiendom
0843040341

Maak seker dat jou troeteldier opgelei is vir binneshuise omgewings en dat hul nie vuilmaak in iemand se eiendom nie.

Maak seker om jou troeteldier se eie kos en waterbakkies in te pak. Moet nooit 'n eiendom se inhoud gebruik vir jou troeteldier nie.

Maak altyd seker dat jou troeteldier nie op enige eiendom se meubels spring, lê of slaap nie. Die volgende gaste mag dalk allergies wees vir troeteldier hare. Bring jou troeteldier se eie bed saam.

Behandel jou troeteldier vooraf vir vlooie en bosluise, veral as die troeteldier van plase, eiendomme met oop velde, ens afkomstig is, om die eiendom skoon en veilig vir toekomstige gaste te hou.

Bring jou troeteldier se eie beddegoed of kombers saam sodat hulle ’n bekende en gemaklike plek het om te slaap. Moet nooit 'n eiendom se inhoud of linne gebruik nie.

Hou jou troeteldier altyd aan ’n leiband in gemeenskaplike areas of waar dit vereis word. Maak altyd seker dat jy dadelik skoonmaak waar jou troeteldier mors en dat dit ordentlik en veilig, in 'n geknoopte sakkie weggegooi word.

Voordat jy met vakansie gaan, maak altyd seker dat jy jou bestemming goed navors van waar jou troeteldier toegelaat word, soos strande, restaurante, ens. Moet nooit jou troeteldier alleen in 'n vreemde eiendom los waar hul vreemd voel nie. Dit mag lei na blaf en breek gedrag.

Respekteer ten alle tye die eiendom en die reels. 'n Eienaar of agent mag enige tyd versoek dat jy die eiendom moet verlaat en kan selfs 'n boete oplê, indien die troeteldier of die troeteldier se eienaar die reels oortree of enige skade berokken.

Baie woonstelle is geleë binne 'n deeltitel kompleks, wat bestuur word deur 'n beheerliggaam (Body Corporate). Baie komplekse se reels vereis dat geen troeteldiere toegelaat word nie. Maak dus 100% seker, as iemand hul eiendom adverteer as troeteldier vriendelik, dat jy skriftelike toestemming kry.


Vakansie Verblyf In Mosselbaai
Copyright © 2026 Vakansie Verblyf In Mosselbaai - All Rights Reserved.
Powered by Vakansie Verblyf in Mosselbaai
We use cookies to analyze website traffic and optimize your website experience. By accepting our use of cookies, your data will be aggregated with all other user data.