Ons deel graag 'n paar wenke hoe om seker te maak dat jou verblyf eg en betroubaar is.

As jy die perfekte plekkie op die Facebook Groep gesien het, kyk op ons webblad of die eiendom daar verskyn en dat die inligting ooreenstem. Vra vrae oor die verblyf, ligging, inboekproses en fasiliteite. ’n Egte verhuurder behoort vinnig en professioneel te antwoord sonder enige verskoning.
Laai die kontak nommer op TrueCaller en kyk of die naam reg registreer en of daar enige kommentaar gelewer is op die kontaknommer. Indien dit 'n Foefie is, sal die naam heel moontlik reeds as "scammer" gelys wees, of met vorige negatiewe kommentare.
Doen ’n “reverse image search” op Google van die foto’s om te kyk of dieselfde foto’s elders gebruik word. Scam-advertensies steel dikwels foto’s van eiendomme in die verkoop mark op eiendom agentskap webtuistes.
Kyk of die eiendom op enige aanlyn platform soos AirBnB, LekkeSlaap en Booking.com gelaai is, en kyk uit vir resensies van vorige gaste. Kyk na baie resensies — nie net die stergradering nie. Wees versigtig as daar geen resensies is nie, al die resensies baie kort of identies klink en die plek splinternuut is met ongelooflike aanbiedinge
Indien tarriewe en aanbieding te goed is om waar te wees, dan is dit gewoonlik. Moet nie depositos betaal indien jy 100% seker is dat jou akkommodasie eg en betroubaar is nie. As die aanbod baie goedkoper is as soortgelyke plekke in dieselfde area, is dit ’n rooi vlag. Wees ook ten alle tye waaksaam teen Tyme Bank Rekeninge veral. Vertrou altyd jou gevoel.
Indien jy nie seker is nie, kontak ons gerus om seker te maak. Ons help graag waar ons kan. Let wel, die doel is om seker te maak dat jou akkommodasie binne die netwerk van Vakansie Verblyf in Mosselbaai gevind is. Indien jy jou verblyf buite hierdie netwerk gevind het, is ons glad nie verantwoordelik om te help nie en rus die onus op jou eie besluit.

Ander belangrike faktore om in ag te neem:
’n Goeie eiendomsbestuurder kan baie stres verlig en help om jou eiendom winsgewend te bestuur, maar die verkeerde keuse kan jou tyd en geld kos. Kies dus verstandig.
Vakansie Verblyf In Mosselbaai
Copyright © 2026 Vakansie Verblyf In Mosselbaai - All Rights Reserved.
Powered by Vakansie Verblyf in Mosselbaai
We use cookies to analyze website traffic and optimize your website experience. By accepting our use of cookies, your data will be aggregated with all other user data.